“Ons mense is gatvol daarvoor om vermoor te word!”


by Nonna, on 18/11/2009 at 06:38
Gereduseer tot slegs 6%
2009-11-17 22:34
Chris Louw


Dit hinder my dat omtrent al wat ’n Afrikaner is deesdae net kritiek op die ANC lewer. Kwalik ’n jaar gelede sou daar leedvermakerige beskuldigings oor ’n magsverliessindroom en ’n terughunkering na apartheid gewees het.

Interessant dat dít deesdae nie so dikwels gebeur nie. Nagenoeg al ons gewese lefties kla nou saam in die koor.

Ek wens ek kon iets konstruktiefs oor die ANC sê. As ek hard probeer, kan ek seker. Maar telkens vind ek my komplimente het bloot betrekking op gevalle waar die ANC regmaak waar hy verbrou het.

Daar’s Eskom en die Godsell-geval, Atletiek Suid-Afrika en die Chuene-fiasko, die nuwe bedeling by die SAUK, die regruk van die Landbank, erkennings dat uitkomsgerigte onderwys misluk het, die herstel van die polisie van ’n “diens” na ’n “mag”, Tokyo Sexwale se planne om korrupsie by die bou van laekostebehuising hok te slaan ...

En as u dink ek verwar die politieke organisasie met openbare instellings, dink weer. Solank kaders ontplooi word, staan al dié instellings in diens van die ANC.

Intussen staan Afrikaners as magtelose toeskouers die gebrou en gade slaan.

Dinge het drasties anders verloop as wat ons sogenaamde verloopte Afrikaners se verwagtinge was toe ons in die 1980’s ons eerste ontmoetings met die ANC-in-ballingskap gehad het.

Die gesprekke in Dakar en Parys en Lusaka en Harare het oor beginsels gegaan – demokrasie, menseregte, die onafhanklikheid van die regbank, ’n regstaat ...

Vandag voel dit of ons onverwante betekenisse aan dieselfde woorde geheg het.

Ek onthou ’n nag in 1989 in Indris Naidoo se woonstel in Oos-Berlyn, met Russiese vodka en eisbein, en gesels tot in die klein ure van die oggend.

Vandag klink dit sentimenteel, maar in die benouende dae van apartheid was dit ’n opwindende ervaring om in die buiteland ’n gemeenskaplike Suid-Afrikanerskap te ontdek met mense wat tuis as die “vyand” gebrandmerk is.

En gesprekke met ’n nog joviale Thabo Mbeki in ’n hotelkamer in Lusaka, pyprook en die klank van KWV in die lug, en drome oor ’n regverdige, menslike Suid-Afrika.

Sonder mag en met baie idealisme was die ANC ’n aantreklike alternatief vir apartheid, vlamme in die townships, bomme in winkelsentrums en wit polisiemanne wat reg en orde met sambokke en R4’s handhaaf.

Ek onthou ook ’n anti-apartheidsbyeenkoms in Parys, Frankryk. In die gehoor Ricky Naidoo – later een van Mbeki se segsmanne – wat dié onsterflike woorde in sy onmiskenbare Indiër-tongval uitroep: “Our people are tired of dying!”

Nou, twee dekades later, kan ek ook met my Afrikaner-tong sê: “Ons mense is gatvol daarvoor om vermoor te word!”

En dan verwys ek nie net na haataanvalle in ons huise en op ons plase nie. Dit ook, ja. Maar ek praat van die listige moord op taal, kultuur, geskiedenis, waardes, selfs menswees. In die 15 jaar van demokrasie het Afrikaners bykans uit die openbare oog verdwyn.

Ons deelname aan die openbare lewe word stelselmatig afgetakel om ons aandeel in die bevolkingsamestelling te reflekteer: 6%. Dit is wat ons standpunt vandag werd is.

’n Druippunt.

Die gevolg van hierdie stroping is dat dié Afrikaners wat kan, al hoe meer sekerheid in materialisme soek. Sonder idealisme is dit al wat oorbly – geld, spoghuise en deftige motors wat, ironies genoeg, juis die sekerhede ondermyn. Want dit sonder ons uit en maak van ons teikens vir afguns en van misdaad.

Ek glo die meeste Afrikaners sal vertroue in die staat bo wêreldse besittings verkies. Maar dan moet dit ’n doeltreffende en regverdige staat wees, wat vertroue verdién.

Afrikaners word voortdurend van rassisme beskuldig. Maar rassisme gaan nie deur beskuldigings of wetgewing uitgewis word nie. Dit gaan net kwyn wanneer individue in gesagsposisies optree op ’n manier wat respek ontlok.

Dis nie wat die ANC doen nie. Die ANC wat vandag aan die bewind is, verraai almal wat aan ’n regverdige toekoms geglo het – insluitend dié Afrikaners wat op hul manier die huidige bedeling help moontlik maak het.

http://www.beeld.com/Content/Rubrieke/1972/81cb8251ca084741844e6532752f81e7/17-11-2009-10-34/Gereduseer_tot_slegs_6
Search results for "“Ons mense is gatvol daarvoor om vermoor te word!”"
10 Replies
1 Katryntjie, on 18/11/2009 at 13:38
Daar is dus nou twee volksmoorde aan die gang in Suid Afrika. Een teen die Boerevolk, asook een teen die Afrikaners! Ek wonder of daar iemand is wat getalle beskikbaar het vir die onderskeie volke?
2 ISRAELIET, on 18/11/2009 at 19:29
Katryntjie skryf:Daar is dus nou twee volksmoorde aan die gang in Suid Afrika. Een teen die Boerevolk, asook een teen die Afrikaners! Ek wonder of daar iemand is wat getalle beskikbaar het vir die onderskeie volke?


Katryn, ek glo nie twee nie, net een Volksmoord. Dit is geheel en al teen die blanke ras gemik. Daar is wel twee Volkere onder die blanke ras, een wat dink alles is
dood dollies in die RSA en dan ons wat weet wat werklik aangaan.
3 Katryntjie, on 18/11/2009 at 20:23
O, want ek dog iewers mis ek iets. Altwee groepe roep nou volksmoord, maar dit is tog duidelik dat ons nie een volk is nie. Dus moet ons dan maar die getalle in die helfte deel, dan vat ons elkeen so 1500 mense vir ons volksmoord, anders moet ons eerder se rasmoord?? vrede
Ek wonder nou net...As die VF+ dit klaar op hulle dokument gesit het vir UNPO, dan sal hulle dit seker moet wysig, sodat ons die helfte kan kry, die Afrikaners die ander helfte?
Of ons sal dalk dan maar aan UNPO moet bewys dit was nie Afrikaners wat vermoor was nie, maar wel Boere, en dan sit ons dit op ons dokument.
4 ISRAELIET, on 18/11/2009 at 20:32
Katryntjie skryf:O, want ek dog iewers mis ek iets. Altwee groepe roep nou volksmoord, maar dit is tog duidelik dat ons nie een volk is nie. Dus moet ons dan maar die getalle in die helfte deel, dan vat ons elkeen so 1500 mense vir ons volksmoord, anders moet ons eerder se rasmoord?? vrede
Ek wonder nou net...As die VF+ dit klaar op hulle dokument gesit het vir UNPO, dan sal hulle dit seker moet wysig, sodat ons die helfte kan kry, die Afrikaners die ander helfte?
Of ons sal dalk dan maar aan UNPO moet bewys dit was nie Afrikaners wat vermoor was nie, maar wel Boere, en dan sit ons dit op ons dokument.


he he, jy vol streke vanaand. Juis oor die redes wat jy hierbo uiteensit, gaan ons as blankes nie regkom by die UNPO nie.

Vat die sasucks webtuiste, war se skade het dit nie aangerig vir ons pogings nie, hetsy dit nou Boer of Afrikaner is. Die wêreld lag vir ons op die oomblik, maar hul ras oorloeë lê net om die draai. Die hooi mied is gepak. Die Turk is opped met die fakkel om dit aan die brand te steek.
5 Katryntjie, on 18/11/2009 at 20:45
Nee, ek glo nie dit is aan my toedoen dat die aansoek nie suksesvol sal wees nie. Dit sal wees weens 'n gebrek aan bereidwilligheid om saam te werk. Moontlik ook aan 'n grootheidswaan van die eie ek, om te kan se ek het dit gedoen. (met verwysing na die organisasie wat die resies gaan wen om eerste sy aansoek in te dien vir die Boerevolk)

Wie het die moeite gedoen om elke dokument op UNPO te gaan lees? Ek het! Gaan hulle erkenning vir 'n volk kan gee?....Nee
Kan hulle namens minderheidsgroepe praat...Ja
Wie is vir UNPO 'n groot inspirasie....die Deli Lama (hoop ek spel dit reg), maar ek wil nie met hom geassosieer word nie.

Wat onderskei die Boerevolk werklik van die Afrikaner, in die oe van die wereld en die algemene publiek, (wereldwyd)?
1. Beslis nie taal nie
2. Beslis nie geloof nie
3. Beslis nie kultuur nie
4. Beslis nie velkleur nie

Politieke oortuigings..........Ja!!

Wie is werklik almal deel van die geloftevolk? Was jou oer oupa grootjie daar, of hoop jy maar net so?
Ek weet eerlik waar nie of myne daar was nie, en ek woon elke jaar gelofte dag vieringe by. Terloops, ek het die lys name van die mense wat in die laer was, ek ook wie die gelofte afgele het, en wie nie. Was almal wit wat die gelofte afgele het?

Die fout wat almal maak ivm bloedrivier, nr 1, is dit gaan nie oor die Boere nie, maar oor die grootheid van God. Daarom sal ek elke jaar geloftedagvieringe bywoon. Dit se nie noodwendig dat ek deel is van daardie geloftevolk nie, maar ek het God baie lief, en ek dien hom na die beste van my vermoeens.

Ek probeer dus net se, dat hierdie kleinlikhede wat so oral kop uitsteek, nie werklik van belang is nie. Dit is klippe in ons pad wat ons self daar rol.
6 Richard B Ruddick, on 18/11/2009 at 20:48
Dali Lama baklei al vir jare en elke land wat hulle wil help word gedreig deur China,wat is/gaan ons kanse wees?
ET se daar staan 70 nasies (ons ingesluit)Wat al daar aansoek gedoen het
7 ISRAELIET, on 18/11/2009 at 20:59
Katryntjie skryf:Nee, ek glo nie dit is aan my toedoen dat die aansoek nie suksesvol sal wees nie. Dit sal wees weens 'n gebrek aan bereidwilligheid om saam te werk. Moontlik ook aan 'n grootheidswaan van die eie ek, om te kan se ek het dit gedoen. (met verwysing na die organisasie wat die resies gaan wen om eerste sy aansoek in te dien vir die Boerevolk)

Wie het die moeite gedoen om elke dokument op UNPO te gaan lees? Ek het! Gaan hulle erkenning vir 'n volk kan gee?....Nee
Kan hulle namens minderheidsgroepe praat...Ja
Wie is vir UNPO 'n groot inspirasie....die Deli Lama (hoop ek spel dit reg), maar ek wil nie met hom geassosieer word nie.

Wat onderskei die Boerevolk werklik van die Afrikaner, in die oe van die wereld en die algemene publiek, (wereldwyd)?
1. Beslis nie taal nie
2. Beslis nie geloof nie
3. Beslis nie kultuur nie
4. Beslis nie velkleur nie

Politieke oortuigings..........Ja!!

Wie is werklik almal deel van die geloftevolk? Was jou oer oupa grootjie daar, of hoop jy maar net so?
Ek weet eerlik waar nie of myne daar was nie, en ek woon elke jaar gelofte dag vieringe by. Terloops, ek het die lys name van die mense wat in die laer was, ek ook wie die gelofte afgele het, en wie nie. Was almal wit wat die gelofte afgele het?

Die fout wat almal maak ivm bloedrivier, nr 1, is dit gaan nie oor die Boere nie, maar oor die grootheid van God. Daarom sal ek elke jaar geloftedagvieringe bywoon. Dit se nie noodwendig dat ek deel is van daardie geloftevolk nie, maar ek het God baie lief, en ek dien hom na die beste van my vermoeens.

Ek probeer dus net se, dat hierdie kleinlikhede wat so oral kop uitsteek, nie werklik van belang is nie. Dit is klippe in ons pad wat ons self daar rol.


Wha ha ha, nee ek sê nie deur jou toedoen gaan dit nie slaag nie.

Dit daar gelaat.

Gelofte Volk. Die vraag is aan Siener gevra," hoe gaan jy weet jy is in die laer". Hy het teen sy hart geklop en gesê: "HIER BINNE SAL JY WEET"

So, as jy binne weet, dan IS jy deel, of oupa of ouma of wie ookal daar was al dan nie. AS JOU HART REG IS, IS JOU PLEK GEBOEK. Cool Cool Cool
8 Katryntjie, on 18/11/2009 at 21:05
Ok, my maaikie.... Cool
9 ISRAELIET, on 18/11/2009 at 21:07
Katryntjie skryf:Ok, my maaikie.... Cool


Een probleem opgelos. Volgende draad toe vir ander probleem. En dit is n diep ene. Shocked
10 Katryntjie, on 18/11/2009 at 21:08
Baie baie diep!
Hoe sal jy ons volk red?
Help! Ek is vet! Almal van ons wil ten minste drie kilogram verloor. Dis ‘n feit. Enigiemand wat hiermee wil stry is of a) van nature slank (en derhalwe iemand wat nooit op die artikel moes kliek nie), of b) sportief en onder dertig, óf c) die
Padonderhoud se groot agterstand 2009/10/19 04:12:00 PM Johannesburg. – Suid-Afrika staar ’n padonderhoud-agterstand van R38,3 miljard in die gesig, het Maandag in die parlement geblyk. In reaksie op ’n vraag van mnr. Stuart Farrow van die D
This topic belongs to the forum
  • Boere eenheid forum, 'n algemene ingligtings en gesprek forum met nuttige wenke, idees, dringende sake wat u behoort te weet, daagliks opgedateer deur ons lede.

  • Numbers of topics : 2339
  • Numbers of messages : 11956
  • Numbers of users : 138
  • Numbers of points : 4079