Sukkelende Afrikaanse kunstefeeste moet geld bespaar en hulp vra’


by Katryntjie, on 30/06/2009 at 18:11
Sukkelende Afrikaanse kunstefeeste moet geld bespaar en hulp vra’
Jun 29 2009 09:58:52:480PM - (SA)
Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend
Gert Coetzee

Bloemfontein. – Afrikaanse kunstefeeste wat geldelik in die knyp is, sal ter wille van oorlewing moet bespaar en hulp vra van almal vir wie Afrikaans belangrik is.

Dit het geblyk uit ’n lesing oor “Afrikaanse kunstefeeste by die kruispad” wat die naweek deur Martie Retief Meiring, skrywer-joernalis van Stellenbosch, op die Eeufees van die SA Akademie in Bloemfontein gelewer is.

Retief Meiring is ook betrokke by organisering van kunstefeeste.

Volgens haar is die toekoms van toneelstukke, “die ruggraat van Suid-Afrika se 14 Afrikaanse kuns?tefeeste”, ook in die gedrang.

“Die vlagskip-teaterproduksie in elk van die 14 kunstefeeste is gewoonlik die duurste, mees omstrede en mees bedreigde op die fees.”

Sy het gesê kunstefeeste – met die KKNK, Aardklop en Volksblad-kuns?tefees as die drie grotes – het ontstaan om kultuur en die plaaslike ekonomie te bevorder.

“Met die mantra van ‘geld, gehore, gehalte’ spring die kunstefees dan weg, maar dis nie altyd suksesvol nie. Die geldstorie is ’n probleem, veral nou.”

Sy het as voorbeeld genoem die drama Blou Uur, ’n opdragproduksie wat R250 000 kos.

Dis by die KKNK, Aardklop en Woordfees opgevoer, maar is te duur vir die Volksblad-kunstefees.

Retief Meiring het gesê gastehuise, drankwinkels en supermarkte vaar geldelik die beste tydens kunstefeeste.

“ ’n Direkte besteding van R62 miljoen om die KKNK aan te bied, het ’n plaaslike opbrengs van R112 miljoen gelewer. Aardklop, met ’n begroting van R11 miljoen, het R54 miljoen gegenereer, terwyl Innibos in Nelspruit R33 miljoen gelewer het.”

Volgens haar woed ’n groot debat oor kunstefeeste se voortbestaan. Rasionalisasie is een uitweg.

“Dit sluit groter sinergie in vir opdragte vir kunstefees-produksies, waarvan Media24 die groot aanvoorder is. Hopelik werk gesamentlike opdragte vir produksies wat dan die kunstefees-roete volg.”

Voorts moet onthou word kunstenaars soos Steve Hofmeyr, “met al sy dinge”, help betaal vir produksies soos Blou Uur. Hulp sal gevra moet word van belangegroepe, waaronder die media, trusts en die Akademie.

Ook moet kunstefeeste die boodskap van transformasie uitdra.

“Ons moet sorg dat Afrikaanse toneel dinamies genoeg bly dat Engelse kennis neem van wat in die Afrikaanse toneel- en leefwêreld aangaan.”

http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2534354,00.html
Search results for "Sukkelende Afrikaanse kunstefeeste moet geld bespaar en hulp vra’"
0 Replies
Dit is tog so dat ons 'n opdrag ontvang het uit die Bybel: Betaal die keiser wat die keiser toekom. Dit is 'n direkte verwysing na belasting heffings. In die verlede en hede, word die land se koning / stigter / president ens se gesig op die
Wonderlike idiome Die taaleie wat ons moet koester en bewaar Ons sê ’n ding heeltemal anders as ’n Chinees, maar ook glad nie presies dieselfde as ’n Engelssprekende of selfs ’n Nederlander nie. In die forse seggingskrag van ons woordeskat en ons
O, BOEREPLAAS Woorde: C.F. VISSER O boereplaas, geboortegrond! Jou het ek lief bo alles. Al dwaal ek heel die wêreld rond, waar so gelukkig, so gesond? O boereplaas, geboortegrond! Jou het ek lief bo alles. O moederhuis,
This topic belongs to the forum
  • Boere eenheid forum, 'n algemene ingligtings en gesprek forum met nuttige wenke, idees, dringende sake wat u behoort te weet, daagliks opgedateer deur ons lede.

  • Numbers of topics : 2324
  • Numbers of messages : 11811
  • Numbers of users : 137
  • Numbers of points : 4054