GENERAAL DE LA REY ( Die “Leeu van Wes-Transvaal”)


by Katryntjie, on 17/04/2009 at 17:31
GENERAAL DE LA REY ( Die “Leeu van Wes-Transvaal”)


Hy word beskryf as die daperste van die dapperes, een van die getroutste onder die getroues. Sy onwrikbare vaderlandsliefde en geloof aan die volkswil het ‘n onuitwisbare stempel op die Afrikaner se vryheidstrewe gemaak. Sy grootste vegprestasie is dat hy die hele oorlog onoorwonne deur geveg het as ruiter-generaal wat in die bos die grootste welslae behaal het met sy beroemde stormjaagtaktiek. Hy en sy makers het as onoorwonnene deel gehad aan die vredesonderhandelinge en –ondertekening van die Vrede van Vereeniging.

Agter elke groot man is daar ‘n sterk vrou en tant Nonnie de la Rey was van die sterkste wat jy kon kry. Sy het hom gedurende die oorlog op besondere wyse bygestaan. Tydens die eerste fase het sy hom dikwels op kommando besoek en vanaf 1 Desember 1900 het sy in noue kontak met hom gebly. Vrou alleen het sy met 12 kinders en drie werkers meer as ‘n jaar (ongeveer 19 mande) in die ou Wes-Transvaal geswerf om die Britte se kloue vry te spring. Nie Genrl Koos de La Rey of sy vrou is ooit gevang nie.

Die oorlog het egter sy tol ge-eis en teen 1907 was reeds ses van sy twaalf kinders oorlede.

Op 15 September 1914 reis genl Koos e la Rey en genl. Christiaan F Beyers per motor na Potchefstroom om te gaan beraadslaag oor die Botha-regering se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog. Die twee generals word by Langlaagte deur die polisie voorgekeer, maar hulle ry deur die padversperring. ‘n Konstabel vuur op hulle en De la Rey word noodlottig gewond. Vyf dae later word by op Lichtenburg begrawe.

Generaal de La Rey se dood was onnodig. Die padversperring was gehou om die Foster bende wat verwoesting gesaai het in daardie tyd, voor te lê. Toe hulle die padversperring sien, het hulle vas geglo dat dit ‘n poging was om hulle te vang en hulle van verraad aan te kla. Hulle het die motor bestuurder evel om die versperrings te verontagsaam en deur te jaag. By ‘n verspreeing naby Langlaagte het ‘n polisieman ‘n skoot geskiet. Die koeël het die pad getref en toe deur die agterkant van die motor getrek.

Hy word bestempel as die grootste natuurlike soldaat wat Suid Afrika nog opgelewer het. Gevegte soos die by Magersfontein en Tweebosch (De Klipdrift) het De la Rey laat uitstaan as ‘n meester in stellingoorlogvoering en as ‘n uitsonderlike ruitergeneraal wat die vyand uitoorlê het.

In die S.A. Biografiese Woordeboek skryf prof. J.S. du Plesses dan ook:

“Sy Godsvertroue was die krag wat sy doelgerigte optrede onderskraag het, in die krygsgeskiedenis het hy sy naam groot geskryf as onvergelyklike taktikus wie se dade hom ewe merkwaardig as krygsman gemaak het”
Search results for "GENERAAL DE LA REY ( Die “Leeu van Wes-Transvaal”)"
0 Replies
DIE VIERKLEUR VAN TRANSVAAL (1881) Woorde: S.J. DU TOIT Musiek: J.S. DE VILLIERS; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Die Vierkleur van ons dierbaar land, die waai weer oor Transvaal en wee die Godvergete hand, wat dit weer neer wil haal! Waai hoog nou i
What Is a Liger? The liger is a cat born from the breeding of a male lion and a female tiger. This combination produces an offspring with more lionistic features than if the reverse pairing had occured. That would produce a more tigeristic creature
DIE BOERE REBELLIE In 1914 word die boere opgeroep om saam met Brittanje teen Duitswes-Afrika (Namibië) te veg. Brittanje het besluit op die anneksasie van Duitswes-Afrika (Namibië). Baie van die Boere het hulle toe reeds daar gaan vestig, en dit was
This topic belongs to the forum
  • Boere eenheid forum, 'n algemene ingligtings en gesprek forum met nuttige wenke, idees, dringende sake wat u behoort te weet, daagliks opgedateer deur ons lede.

  • Numbers of topics : 2337
  • Numbers of messages : 11937
  • Numbers of users : 138
  • Numbers of points : 4040